ARTICLE CATEGORIES
GENERAL
HENTIESBAY ANGLING TOURS
HOMEPAGE
E-MAIL US
Die bronshaaie van Namibi by Spyker Kruger
Posted: 11 January 2010

Die slim manne noem die vis CARCHARHINUS BRACHYURUS. Wreldwyd staan die vis bekend as die coppershark, bronze whaler en narrow tooth shark. In Namibi praat ons van die BRONZIE, die arm man se marlyn en bo-baas vegter. Vir die rots en strand hengelaar is dit n gulde geleentheid om sy krag, stamina, vernuf en kundigheid te toets.

Eienskappe
Die Bronzie het n kort, stewige liggaamsbou met n sterk koper glans aan die bo en sy-kante van die haai. Die punte van die haai se rugvin wissel van lig by jong haaie tot donker by groter haaie. Die haai bereik n lengte van drie meter. Die huidige SA rekord staan op 192kg, gehou deur Stompie Heyns en die Namibiese rekord staan op 176kg.
Op die onderste kaak het die haai sterk, driehoekige, gepunte tande. Tande aan die boonste kaak is geriffeld en l na buite. Die haai hou van matig tot koeler water en kom oor die algemeen in vlak water voor. Daar is wel aantekeninge van waar dit op dieptes van tot 100m gevind is.
In die winter volg die haaie die sardyn loop langs die Natalse suidkus. Daar is min aantekeninge dat hulle wel noord van Natal voorkom. Die spesie se hoof diet bestaan hoofsaaklik uit stadig swemmende visse soos Knorhaan en Tongvis, alhoewel klein haaie en re ook geet word. In Australi vreet hulle graag aan walvis karkasse, vandaar die naam Bronze Whaler.
Bevrugting vind inwendig plaas en die jong haaitjies word lewendig gebore in werpsels van 13-20 en is 60-70 cm lank by geboorte. Seksuele volwassenheid word bereik op n ouderdom van 5 jaar op n lengte van 230 cm.

Hoe om Bronzies te vang
Die Bronzie sal bykans enige aas vat met voorkeure soos Makriel, Harder, Bonito, Sandhaai en selfs Sardyn. Vars Kabeljou kop is n goeie keuse. Vars aas kry voorkeur.

Gerei
Die katrol behoort genoegsame lyn te kan vat, die Daiwa reeks SL 50, SG 50 en die nuwe Speedshaft, sowel as Penn se 555gs en Shimano kan vir die doel gebruik word. Ek beveel aan dat jy nie met minder as 300m lyn hengel vir haaie nie. Die gebruik van katrolle met Bakeliet spoele moet vermy word. Die meer ernstige manne kan gerus kyk na die Daiwa 400/450H.
Enige goeie visstok sal die werk kan doen, kyk maar na die 400/3 of 400/4 grafiet stokke. Die 400/2 sal ook werk, maar die trekkrag sal net te min wees om die vis te draai en die hengelaar sal harder moet werk. Grafiet stokke bly maar die beste. Dis is sterk, lig en jy kan baie krag daarmee uitoefen. Weereens vir die ernstige manne is daar 400/4 pasmaak stokke wat korter gemaak is na 13vt toe, vir maksimum trekkrag. My persoonlike gunsteling is n 400/6 grafiet stok, gemaak deur Chris Uys, wat baie trekkrag bied.

Stroppe
Namibiese hengelaar, Johan Burger, wat al menigte groot Bronzies kant toe gebring het, vind dat die volgende strop die beste resultate lewer.
Die strop lyk soos volg: Gebruik n leaderlyn van ten minste 0.80mm, met n minimum lengte van 4m. Aan die leader is n nommer 1/0 draaispil met n lyn van 1.20mm daaraan geheg met n lengte van 1.4m. Hieraan geheg is 40cm staal met n breekkrag van 140 pond met 2 9/0 hoeke. n Kleiner gly draaispil, waaraan die sinker geheg is, hardloop dan vry op die lyn van 1.20mm. Die hele strop sal dan n lengte h van 1.8m.
Vir diegene wat nie so lank strop kan ingooi nie, is die volgende strop dalk makliker. Die leaderlyn sal presies dieselfde wees waaraan n draaispil geheg is met die staal van 140 pond voor aan vas en die sinker strop geheg aan dieselfde draaispil.
Let wel: Die staal moet nooit korter as ten minste 40cm wees nie. Die staal kan aan die lyn geheg word met die volgende knope: Die Albright knoop, Rob meads leader knoop, of die figuur 8 knoop. Hierdie knope is van baie groot belang, aangesien dit die swak plek in jy eindgerei sal wees.
Die hoeke kan wissel van n 6/0 tot 10/0. Die meeste hengelaars gebruik twee hoeke waarvan een n glyhoek is. Die hoeke is van kardinale belang en moet baie skerp wees.
Die Kendall round, Daichi en Perma Steel hoeke kan aanbeveel word. 'Big gun' sal voldoende wees met die Kendall round as die goedkoper hoek, maar nie noodwendig die swakste nie. Die hoeke lewer uitstekende resultate as hulle goed skerp gemaak is. Hou in gedagte dat hoe groter die hoeke, hoe meer krag kan die hengelaar uitoefen om die vis te land. Toets die hoek teen jou duimnael. Sodra die hoek getrek word, moet dit die nael penetreer.
Die beste manier om jy hoek skerp te maak is met n plat vyl of 2 ronde vyltjies wat aanmekaar gebind met isoleerband. Die hoek kan dan teen die vyltjies terug na jou getrek word. Sodoende sal die hoek vinnig n skerp punt kry. Dit is ook baie handig wanneer die hoeke tydens hengel stomp raak wanneer daar tussen klippe of bamboese gehengel word. Dit kan dan vinnig weer skerp gemaak word sonder om die hoeke af te haal.

Die byt
Die haai sal die aas effens laat losskiet. In di stadium moet die hengelaar die lyn stadig opkatrol. Die vis het teen die tyd al die aas in sy mond en sal weg van die hengelaar af swem. Die stok se punt sal vinnig, maar kragtig afsak ondertoe. Op di tydstip moet die hengelaar herhaaldelik vaskap. So 3 tot 4 behoort genoeg te wees. Die vis sal lyn van die katrol begin afloop. Sodra die haai begin draai, sal jy n kans kry om weer lyn terug te wen. Moenie te haastig wees nie. Bronzies is kragtige vegters wat die strome met kundigheid sal gebruik en sal baie maklik 150 tot 200 meter plus lyn met die omdraai slag afstroop. Die algemene aanvaarding is dat die katrol se drag een derde van die breekkrag van die lyn moet wees, maar met Bronzies moet dit baie stywer gestel wees, anders sal n groot haai jou lyn met gemak afloop. Bronzies is redelik skoon vegters, maar as daar n rif naby is sal die haai nie skroom om die hengelaar daar af te sny nie, veral tussen of naby bamboesbanke. Die hengelaar sal soveel as moontlik druk op die vis moet uitoefen om die vis uit sulke obstruksies weg te hou. Weereens, die haaie is kragtige swemmers en dit sal werk kos om hulle koppe te draai.
As die hengelaar se rug hom teen di tyd opdraende gee, kan n sittende posisie ingeneem word, indien dit gemaklik voel vir die hengelaar. Sodoende kan genoeg druk deur die hengelaar uitgeoefen word. Die haaie is stadig, maar kragtige vegters en oefen groot druk op die hengelaar uit. Die geveg sal enigiets van 45 minute tot en met 2 ure duur, afhangende van die haai se grootte. Hou in gedagte dat hoe langer die geveg duur, hoe groter is die kans dat iets verkeerd kan loop, soos hoeke wat loskom, staal wat deurgebyt word of 'leader' lyn wat breek. Dit is maar net 'n paar goed wat verkeerd kan loop. Onthou dat die soort hengel nie vir die alleenloper is nie. Jy sal altyd n hengelmaat benodig om die vis te gaffel. Wanner daar gegaffel word, moet jy versigtig wees om nie te diep in te gaan nie. Wees seker jy staan vas op die grond, want die vis kan jou maklik van balans af trek en die terugtrekkende water kan jou voete onder jou uittrek. Poog om die vis altyd in die agterkant van die lyf, weg van die kop af te gaffel. Kom ons s vanaf die rugvin agtertoe sal ideaal wees. Weeg die haai met so min stres as moontlik. As daar n net is, kan die vis daarin gel word en dan in n lende posisie geweeg word. Die haai moet nie aan die stert opgetel word om geweeg te word nie. Dit kan stres tussen die rugsegmente veroorsaak wat kan lei tot sterftes. Hanteer die haai versigtig en plaas die haai so gou as moontlik weer terug in die water.

Alhoewel die haaie baie vlak kan inkom, moet gepoog word om die aas agter die brekers in te kry. Dit sal aanvanklik moeilik wees om die groot aas tot op die regte diepte in te kry, maar met n bietjie oefening sal jy dit wel bemeester. Die sinker moet nie ligter as 7 of 8 onse wees nie, anders sal die aas rondspoel. Draad sinkers anker die aas goed.

Bronzies kom volop teen die Namibiese kus voor, vanaf Sandwich in die suide tot teen die Ugab draad. Met gunsteling plekke is Myl 8, Myl 30, Jakkalsputs, Myl 72, Myl 100 en die Winston, om maar n paar te noem. Soos dit maar met hengel gaan, moet jy maar geduld h, maar jy sal beloon word. Haai hengel is n sport wat al meer aftrek begin kry en al hoe meer beoefen word deur die vroulike geslag, sowel as jonger hengelaars. Die Republikein se hengel kompetisie in samewerking met Penguin hengel klub se prys is gewen deur Leon Diederichs, wat nog n junior is. Die haai se totale massa was 107kg. Vir die ouer manne wat nog lus is om hulle vernuf en krag te toets, bied di haaie n goeie geleentheid daartoe.

Onthou, dit wat jy nie van die see gebruik nie, moet jy terug plaas. Dit sal verseker dat ons kinders die geleentheid sal h om ook die sport te kan geniet en te beoefen.



Jens Teggatoff (links) en Steven (regs)
Jens Teggatoff (links) en Steven (regs) - 'n Bronzie van 94 kg gevang by Myl 100

Andr Henn met 'n haai van 56 kg
Andr Henn met 'n haai van 56 kg - 

Theo de Jager met 'n haai van 92 kg
Theo de Jager met 'n haai van 92 kg - (Theo gebruik 'n Scarborough katrol)

Tipiese aas vir Bronzies
Tipiese aas vir Bronzies - 

 

 

 

 

 

 



Website by OutdoorPAGES - South Africa's Nr1 Fishing Resource
Become a better Angler. Join OutdoorPAGES.




Copyright Hentiesbay Angling Tours. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Hentiesbay Angling Tours.